Jupidex Logo (Black + Green-Transparent)

NEWS

Só skep Kverneland ‘n droomsaadbed

Die diepste droom van enige saadkorrel of -pit is ‘n eenvormige, snoesige saadbed waarin hy in knus kontak met die grond kan ontkiem en sy wortels behaaglik kan uistrek om volle gebruik van voedingstowwe in die goeie grond te maak sodat hy tot ‘n geil gesonde plant kan ontwikkel wat vir die boer hope wins in die sak besorg.

So ՚n perfekte saadbed is wat Jupidex se Kverneland Enduro Pro vir die boer skep – vinnig, flink en bekostigbaar.

Of jy vlak of diep wil bewerk, Enduro is steeds jou antwoord en boonop geniet jy die toegewyde ondersteuning van Jupidex se kundiges en rotsvaste na-verkoopdiens wat jou immer doel-treffend en voorspoedig aan die boer hou. Boonop kry hierdie werktuig ook ‘n 24-maande waarborg nes ander Kverneland werktuie. Dit is mos nou diens!  Lees die volledige artikel hier